MISSIE EN VISIE

Die Kruin-legendes is op die been gebring om die oud-leerlinge, -onderwysers en vriende van die skool te organiseer ten einde belangstelling in die skool en sy aktiwiteite te bevorder en ‘n gevoel van lojaliteit en trots te kweek; die drome, ideale en doelwitte van Hoërskool Brits te bereik en om finansiele hulp te verleen vir die algehele verbetering, instandhouding en uitbreiding van die skool. ‘n Gesonde skool is die fondasie van ‘n gesonde gemeenskap!

Voordele aan Kruin-Legendes -lede

  • Voorkeur-uitnodigings na skoolfunksies en fondsinsamelings.
  • ‘n Kwartaallikse e-nuusbrief met eerstehandse inligting oor skoolaktiwiteite en –gebeure.
  • Die begin van die Kruin-legendes databasis vir netwerk en sosiale aktiwiteite
  • Direkte bestellings vir die jaarblad en plasing van advertensies.

Finansiële beleid

Die Kruin-legendes (geregistreerde nie-winsgewende organisasie) ontvang en allokeer alle gelde ingesamel deur ledegeld, ander programme en funksies na die Kruin-legendes se bankrekening wat deur die onafhanklike direkteure bestuur word. Die Kruin-Legendes fondse kan bv. as volg aangewend word:

  • Die opbou van Legendes strukture (kommunikasie en netwerke)
  • Spesiale projekte waaraan die Legendes gekoppel sal word.
  • Bemarking, uitbreiding en verbetering van die skool.

Lidmaatskap en inskrywing

Lidmaatskap word verkry deur ‘n finansiële bydrae van u keuse:

  • R95 per maand (minimum maandeliks)
  • R195 per maand
  • R1 100 per jaar (minimum jaarliks)
  • R2 300 per jaar
  • Eie keuse (let asb. op minimum vereistes)

Inligtingsblad

Inskrywingsvorm

Skandeer om te betaal

Bankbesonderhede

Rekeningnaam:DIE KRUIN LEGENDES NPC
Bank:FNB
Rekeningnommer:63086822757
Rekening tipe:PLATINUM BUSSINESS ACCOUNT
Tak:BRITS, TVL 181
Takkode:260146

Addisionele inligting

Sodra u u besonderhede aan ons gestuur het sal u gekontak word met u unieke lidnommer en ander dokumentasie. Hierdie dokumentasie sal per epos en/of Whatsapp aan u gestuur word.
ONTHOU U BYDRAE IS AFTREKBAAR VAN U BELASBARE INKOMSTE.
Sou u ‘n belastingfaktuur vereis, kan u dit aanvra by kruinlegendes@gmail.com.

Stigtingskomitee

Floris van der Walt

Gerda Rheeders

Manie Maritz

Kobus Lombard

Vera Janse van Vuuren

Hendrie Hills

Andreas du Preez