Gimnasium
Die Kruin-gimnasium
Die doel van die gimnasium is om leerders die geleentheid te bied om hul sportprestasie te verbeter. Die program streef daarna om algemene kondisionering te verbeter, beserings te voorkom en te rehabiliteer en sportspesifieke vaardighede te ontwikkel. Ons fasiliteite sluit ‘n volledig toegeruste gimnasium in wat aan die behoeftes van verskeie sportsoorte voldoen om leerders voor te berei vir die uitdagings van hul wedstryde.
Algemene inligting:
Tyd | Item |
Maandae – Vrydae: 10:00 – 14:00 / 17:00 – 20:00 | Publiek |
Maandae – Vrydae: 14:00 – 17:00 | Hoërskool Brits-leerders Spanverband Personeel |
Maadae – Vrydag: 07:00 – 08:00 / 08:00 – 09:00 / 09:00 – 10:00 | Dames Kardio-sessies |
Item | Prys |
Hoërskool Brits-leerder | R150 per maand |
Hoërskool Brits-personeel | R200 per maand |
Alle ander persone | R300 per maand |
Persoonlike afrigting | R500 per maand |
Persoonlike afrigting – sportspesifiek | R800 per maand |
Damesessies | R300 per maand |
3 maande program | R800 eenmalig |